22 Apr 2007

Face of the month

Well done to Elzet for completing a 6 hour solo ride!
I think the picture at the end says it all!
Pure determination through sun, sand and rocks, gritting her teeth and making it in style.

Elzet is actually a runner and not a cyclist. She has done about 300 races of which the Ficksburg Cherry festival (23km) and the Nylstroom race ( 28km) are her favourites. She has also swam the Midmar Mile a couple of times, but, she says she will never do the Comrades, it is just too far!

She has been part of the gym now,for almost 2 years. Here is what she had to say:

Linker brein by uitstek.......geen verbeelding of kreatiwiteit nie.

Sport: Swem

Hardloop (verkieslik saam met my optel-hond, Lisa)

Spin en nou en dan buitelug fietsry.

Gunsteling aktiwiteite:

Perd Ry

Hike en biekie bergklim

4x4

Hardloop al vir ongeveer 10jaar, het eers op universiteit begin hardloop en sosiaal deel geneem aan wedlope. Doen dit absoluut vir die lekker daarvan! Is glad nie "competitive" nie. Genot is die hoof doel!

Het seker al ongeveer 300 wedlope gedoen, waarvan die Ficksburg Kersiefees 23km en die Nylstroom 28km van my gunsteling wedlope is en enige Cross Country. Het ook al die Midmar myl 'n paar keer geswem en 'n Duathlon gedoen. Hardloop is egter my gunsteling.

Wil NOOIT die Comrades doen nie, dis hopeloos te ver!!!

Het begin spin om variasie in my oefenprogram te bewerkstellig en dit het na amper 2 jaar onherroeplik deel van my oefenprogram geword-het selfs 'n spinfietsie aangeskaf om by die huis voor die TV ook te kan peddle! En het vriende ook bygekry!

Het net 'n bergfiets en verkies ook meer die off-road as die pad, maak my bang al hierdie Gauteng verkeer.........

Na een glas rooiwyn te veel het ek my begewe in die deelname aan die Baviaans se MTB in Augustus.......dit het noodwendig gelei tot 'n 6 uur solo ry in die Colour Press se MTB in Parys tydens die Paas naweek. Ek was so bekommerd oor my sitvlak, dat ek nooit oor enige ander liggaamsdeel bekommerd was nie.....amper 2 weke na die wedren kon ek steeds nie hande ten volle gebruik nie! Al die geklouery aan die fiets het sy tol ge-eis! Gerda het my nie gewaarsku nie......tipies. Moet se, dit was heerlik om haar en Rodney vir die volgende 6 ure te support en nie met die boud op die saal te sit nie!

Om te oefen is deel van wie ek is en ek doen dit vir niks en niemand behalwe myself nie, dit is al hoe ek my kop kan 'skoon' kry na 'n lang dag op kantoor voor die rekenaar en veeleisende kliente. Balans is natuurlik baie belangrik en ek ooreis myself nie sommer nie-less is more- soos Bruce Fordyce altyd se!

Wat ek nog wil doen:

Die Knysna 21.1km

Two Oceans 21.1km

Harrysmith berg wedloop

Himalayas tot by Everest Base Camp 18dae klim

Gunsteling:

Sport gear brand: Nike

Drink: Sprite 0

Kos: Pizza en hoender

Drankie: Chivas Whisky en goeie rooiwyn

TV: Enige sport, CSI & Everwood

Musiek: Enige iets, solank dit sag op die oor is....

Wiele: Audi ofkors en 'n goeie 4x4......

No comments: